…vir ouers wat omgee / …for parents who care
Jaargang 35, 2012 / Volume 35, 2012
Hierdie kwartaaltydskrif is propvol uitstekende artikels oor alle ouerskapsonderwerpe onder die
son! Tandekry, hakkel, skooltoe-gaan, maats, tienerkwessies en troues…alles kry ‘n beurt!
This quarterly magazine is jam packed with excellent articles about all parenting topics under
the sun! Teething, stammering, preparing for school, friends, teen troubles and getting married…it
all gets included!
Teken nou in op dié aktuele ouerskaptydskrif!
Subscribe now for this relevant parenting magazine!
Intekengeld beloop R60.00 per jaar vir 4 uitgawes.
Subscription fee is R 60 per year for 4 editions.
SAVF FAMNET
Posbus / PO Box 40526
Arcadia. 0007
SAVF
ABSA Bank
Pretoria tak
Rekeningnommer: 00 000 810 355
Vorm en inbetaalstrokie / Form and proof of payment - 012 324 4109 / 086 566 2170
Jy kan enige tyd inskryf. Uitgawes wat reeds deur die jaar verskyn het, sal aangestuur word.
Subscribe any time. Previous editions of the same year will all be sent.
FAMNET-kantoor / office:
(Hierdie gedeelte vervang die vorige deel wat so lyk!)
Stuur die vraag aan erheeder@savf.co.za en kry die antwoord persoonlik of in “Ek en My Kind"
“Ek en my Kind” publiseer relevante artikels wat baie vrae beantwoord en ouerskap verryk. Hier is ‘n
voorbeeld van ‘n artikel uit die Someruitgawe van 2011.
Kan ek alreeds vir my baba lees?
Ja, ja en duisend maal ja! Mamma, jy as eerste opvoeder van hierdie klein pienkvoet kan hom/haar
slim lees en ‘n groot voorsprong in die lewe gee. Dit is wel waar dat ‘n kind met ‘n sekere
intelligensie gebore word, maar hoe daardie intelligensie gevoed en ontwikkel word, bepaal uiteindelik
of die kind eendag sy volle potensiaal sal bereik.
‘n Kind se eerste vyf lewensjare is van kardinale belang – in hierdie leeftyd word die grondslag vir ‘n kind se persoonlikheid gelę. Verder word die kwaliteit van die kind se gevoelslewe en sy/haar instelling teenoor die lewe ook grootliks in die eerste vyf jaar bepaal.
Later jare word net voortgebou op die fondament wat reeds gelę is en sinvolle nuwe toevoegings word nie
maklik meer gemaak nie…
Hierdie belangrike eerste vyf jaar vlieg soos ‘n oogwink verby en juis daarom moet dit so goed moontlik
benut word om van die kind ‘n lesende tiener en volwassene te maak. Wanneer ‘n kind eers self kan lees,
het hy/sy die sleutel om ‘n wonderwęreld van nuwe kennis; ontdekking en fantasie mee oop te sluit…en
jy as ouer kan daardie sleutel alreeds in jou kind se baba-, peuter- en kleuterfase help vorm.
Die fisiese versorging van ‘n baba verg baie tyd en energie van ‘n mamma. Die emosionele- en verstandelike versorging van die baba word dan dikwels op die agtergrond geskuif, omdat daar net te min ure in die dag is. Maar is daar regtig te min tyd? Jy het nie baie tyd op ‘n dag nodig om in hierdie behoeftes van jou baba te voorsien nie – babas het ‘n baie kort aandagspan. Blaai dus net kort rukkies op ‘n dag saam met jou baba deur boekies. Selfs klein babatjies hou daarvan om na jou stem te luister, terwyl julle snoesig saam met ‘n boek sit. Hulle leer gou om lees met hierdie positiewe gevoel van warmte en sekuriteit te assosieer.
Jy kan al vir jou baba vanaf 6 maande eenvoudige eenwoord prenteboeke begin lees. Wys met jou vinger op bv die prent van ‘n hond en sę duidelik: “hond”. Neem nou die baba se vinger en druk op die hond – herhaal die woord “hond” weer. Spoedig verstaan die kind die verband tussen prent en werklikheid en herken bekende voorwerpe soos ‘n hond, kat of voëltjie in sy boekies.
Hiervandaan word Baba se kennis dan uitgebrei – lank voordat hy ‘n werklike olifant te siene kry, weet hy al uit sy prenteboeke hoe een lyk. Waak daarteen om babataal te gebruik as jy uit ‘n prenteboek voorlees – dit verwar die baba wat nog besig is om taal aan te leer. Moenie na die hond wys en sę “woefie” nie, maar gebruik eerder die woord “hond” en sę dan hy maak “woef”.
‘n Baba moet egter ook toegelaat word om self boeke te ervaar met al die verskillende sintuie – hier werk die lapboekies nog die heel beste! Baba kan ‘n lapboekie self hanteer, daaraan voel en dit selfs in die mondjie steek en daaraan kou. Baie van die lapboekies bevat ook materiaalstukkies van verskillende teksture wat die sintuiglike ontdekking net soveel meer pret maak.
Jy kan ook vir jou baba sy eie prenteboeke maak. Knip allerlei oulike prente (ongeveer 20cm groot) uit ou tydskrifte en maak vir Baba ‘n plakboek wat hy/sy self mee kan speel. Gee jou baba tyd om na die prentjies te kyk. Wag vir Baba om te koer of na iets te wys wat hy/sy in die prenteboek raaksien. Wys dan na die prentjie, sę wat dit is en beskryf wat julle saam sien. Dit is goed om baie vrae te stel, bv “Waar is die kat?” “Kan jy sy stert sien?” en dan ook self die antwoorde op hierdie vrae aan Baba te gee.
Vanaf 1 jaar kan jy begin om slaaptydstories vir jou baba te lees en nie meer net van prenteboeke
gebruik te maak nie. Hou die stories steeds baie kort en lees boeke waarin daar mense, diere en
voorwerpe is wat binne die baba se verwysingsraamwerk val. Slaaptydstories word dikwels ‘n
belangrike deel van ‘n kind se roetine en kan aanhou, lank nadat die kind al self leer lees het.
Mamma, wees entoesiasties oor lees. Onthou - lees moet altyd vir jou baba ‘n vreugdevolle, positiewe
ervaring wees…so word ‘n liefde vir lees gebou wat altyd sal aanhou !
Send your question to erheeder@savf.co.za and get a personal answer or read your answer in
“My Child and I”
“My Child and I” publishes relevant articles which answer many questions and enrich parenting.
An example of an article from the Summer edition, 2011, of “My Child and I” is to follow.
Things to do for the stay-at-homes
Editorial team
The summer holidays can become extremely long. Here are a few ideas for the coming festive season.
Explain your financial position to your family and ask each member to compile a creative list of activities that you can afford to do. Then plan these activities together …
Google sights you can visit in your vicinity or contact your nearest tourism centre.
Whatever you do, make sure you enjoy it!
SAVF FAMNET se beskermvrou
Susan Coetzer is sedert die begin van 2011 die beskermvrou van SAVF FAMNET en het reeds diep spore
in FAMNET-ouers se lewens getrap.
Met die intrapslag het sy gesę: “Ouerskap en gesinne lę vir my na aan die hart.”
In die publiek se oë is sy ‘n skrywer, aktrise, motiveringspreker, skilder en Blou Hond se kok!
SAVF FAMNET het haar leer ken as iemand wat haar alles sal gee vir vrouens en kinders wie se behoeftes groot is. In haar besige lewe gaan staan tyd stil wanneer sy voor ‘n groep kinders te lande kom. Sy skuif alle ander prioriteite opsy wanneer ‘n vrou met angs in haar oë voor haar staan. Sy hou hulle vas, bid vir hulle, bel hulle, voorsien in fisiese behoeftes en oorlaai hulle met verrassings en bederfies. Haar bydrae maak in die besonder die ontwikkeling van ‘n groep vrouens en die versterking van hulle band met hulle kinders moontlik.
In die ondersteuning van haar projekte word die werk van FAMNET gunstig geraak.
Susan Coetzer has been FAMNET’s patron since 2011. She already made a huge impact in the
lives of FAMNET parents.
Since the beginning she said: “Parenting and families are close to my heart.”
In the eyes of the public she is an author, actress, motivational speaker, painter as well as chef
at their restaurant: Blou Hond.
SAVF FAMNET got to know her as someone who will give everything to women and children with obvious needs. Within her busy life everything comes to a standstill when she is in the company of children. All priorities are put on hold when a woman filled with fear stands before her. She holds them, prays for them, phones them, provides in their physical needs and overflows them with treats and loving care. Her contribution empowered women to develop and to grow in their relationships with their children.
Supporting her projects means support to the work of SAVF FAMNET
SAVF FAMNET Kontakbesonderhede / Contact details:
Erna Rheeder
012 325 3920
www.savf.co.za
Facebook: SAVF FAMNET